RADIO AFRIKAANS STUDIOS
KEEP ON DANCING MUSIC JUST FOR YOU
LEKKER CAMP PLEKKE
BESOEK ONS KAMP PLEKKER
LIMPOPO WEGBREEK
Waar kry ‘n mens ‘n verskeidenheid wat strek van die Groot 5, bergreekse mooier as enige skildery, kulturele nalatingskap en geskiedenis soos nerens anders te siene nie? Die noordelikste provinsie van Suid-Afrika, Limpopo bied al hierdie en nog meer.
DINKWENG SAFARI CAMP (VAALWATER)
Dinkweng Safari Camp is slegs 3 ure se ry vanaf Johannesburg. Dinkweng Safari Camp bied luukse verblyf in 'n keuse van 3 en-suite slaapkamer selfsorg-eenhede. Elke eenheid het ruimte en privaatheid. Elke eenheid het 'n volledig toegeruste kombuis en 'n oopplan sit- en eetkamer sowel as 'n platskerm-TV wat sekere DStv-kanale opvang, asook 'n DVD-speler vir u gebruik. Ontspan buite in jou eie plonspoel met braai-area en 'n dek wat oor die vallei met sy ongelooflike Afrika-sonsondergange uitkyk. Die eenhede word daagliks gediens. Dinkweng is die plek om te ontspan en die natuur te geniet, daarom word harde musiek nie toegelaat nie. Gaste is welkom om in die kamp te stap en sal verskeie diere soos zebras, koedoes, nyalas, waterbokke, elande, kameelperde en rooibokke sien. Gaste kan hul bergfietse saambring of sommer een by die kantoor huur.
KAMMP PLEKKER IN DUITSLAND
This is a Paragraph. Click on "Edit Text" or double click on the text box to edit the content and make sure to add any relevant information that you want to share with your visitors.
People are genuinely interested in learning more about you, so don’t be afraid to share personal anecdotes to create a more friendly quality.
KAMP PLEKKER SUID AFRIKA
MBIZI GAME LODGE AND SPA (BELA BELA)
’n Perfekte wegbreek van die besige stadsrumoer, is Mbizi uitgeknip vir ‘n familie vakansie, ‘n of ‘n vriendegroep wat nuwe herinneringe wil opteken. Verblyf opsies strek vanaf karavaan staanplekke met private ablusie geriewe en selfs met jou eie Jacuzzi, eko-vriendelike boskampe, selfsorg eenhede Tenthuise en Bergvillas. Verder spog Mbizi met ‘n reeks aktiwiteite, soos ‘n wye verskeidenheid voël spesies,eksotiese wild , 4X4 Berg roetes , bergfiets-roetes, onder dak verhitte swembaddens, staproetes, naby geleë aan golfbane en vele meer. Begin jou dag deur die vangs van die dag te vang in talle damme, ontspan by die Bophelo Spa en rond die dag af met ‘n skemerkelkie by die bekende Klipgat Cocktail bar waar jy binne in die swembad sit , Mbizi het dit alles!
KAMP PLEKKER NAMIBIA
This is a Paragraph. Click on "Edit Text" or double click on the text box to start editing the content.
KAMP PLEKKER IN EUROPA
This is a Paragraph. Click on "Edit Text" or double click on the text box to edit the content and make sure to add any relevant information that you want to share with your visitors.
People are genuinely interested in learning more about you, so don’t be afraid to share personal anecdotes to create a more friendly quality.
KAMP PLEKKE IN DIE SUID AFRIKA
LOEBIES GASTE PLAAS (BELA BELA) LIMPOPO
Al ooit die koning van die oerwoud hoor brul? By Loebies Gaste Plaas sal jy beslis die ervaring kan geniet! ‘n Roofdier plaas wat jy saam jou familie die geleentheid bied om meer te leer oor ons pragtige land se unieke roof diere. Loebies Gaste Plaas is slegs 20 minute vanaf Bela-Bela. Ideal vir ‘n vinnige ontsnap vanuit die besige gekreun van die stad, hetsy dit vir romanse is, of vir ‘n bosveld vuur wat kraak geluide laat onstsnap. Verblyf geriewe het verskeie opsies om van te kies, van ‘n Leeu huis tot ‘n Dam huis. Of jy nou wil roei op die dam en of jy op toer tussen die roofdiere wil wandel, of jy wil ontspan of herlaai-watokal die keuse, dit is beslis hoe jy sal wegry.
TINYIKO KRUGER LODGE (MARLOTH PARK)
Is 'n wegbreek na Afrika se bosveld iets waarna jy smag? Wou jy nog altyd Marloth Park besoek? Marloth Park is 'n unieke bewaringsgebied wat ‘n tuiste bied aan talle wild- en voëlspesies. Gaste kan 'n persoonlike ontmoeting met natuur geniet terwyl luuksheid steeds die oorheersende faktor is. Tinyiko spog met sewe dubbelkamers om van te kies, almal met en-suite badkamers, toegerus met ‘n TV asook DSTV. ’n Heerlike ontbyt is ingesluit in die prys. Voëlkyk, pieknieks, wild stap-toere, fietsry roetes en wildsritte langs die Krokodil Rivier is slegs ‘n paar van vele aktiwiteite wat Tinyiko bied. Verder is daar dag-ekskursies na Swaziland, Mosambiek en perd safari’s in die naby-geleë omgewing om van te kies. Tinyiko Kruger Lodge is ideaal vir paartjies wat wil wegkom van die stad se gedruis, families wat Afrika se gesogte wild in hulle natuurlike habitat wil ervaar of 'n groep vriende wat gesellig saam wil kuier en die buitelug en natuur wil geniet.
ROYALE MARLOTHI SAFARI (MARLOTH PARK)
Royale Marlothi Safari Lodge lê in die hartjie van Marloth Park op die rand van die Krugerwildtuin. Die vrede en rustigheid van dié Bosveldlandskap met sy eiesoortige bekoring laat ‘n moeë gas behoorlik ontspan en behaaglik agteroorsit om laatmiddag die loom sonsondergange in te drink. Hier loop diere vry en gaste kan hul asems inhou vir ‘n persoonlike ontmoeting met sebras, koedoes, kameelperde, vlakvarke, rooibokke en wildebeeste – veral as hul die plaas te voet verken! Akkommodasie sluit in pragtig gemeubileerde chalets, luukse kamers en ‘n drie-slaapkamergastehuis wat 26 volwassenes en 8 kinders huisves. Elke chalet het sy eie dek, plonspoel en braai-area waar gaste die ene hoendervleis kan luister hoe die leeus in die Wildtuin brul.